Die Sokkie Tannie is beskikbaar by die Hartenbos Gift Market
Sokkies in Hartenbos
As jy hierdie somer in Hartenbos kuier, moenie die kans mis om by Die Sokkie Tannie in te loer nie! Hierdie baie gewilde sokkie stalletjie is hierdie feesseisoen beskikbaar by die Hartenbos Gift Market van 22 November 2025 tot 4 Januarie 2026, daagliks vanaf 09:00 tot 18:00. Slegs gesluit op Kersdag.
Hier sal jy ’n kleurvolle verskeidenheid kwaliteit sokkies vir die hele gesin vind. Of jy nou iets humoristies, kleurvol, kouse vir diabete of iets meer tydloos verkies, Die Sokkie Tannie bied dit als en meer!
’n Goeie paar sokkies maak ’n wêreld se verskil aan jou voete, veral met al die stap, kuier en inkopies in die warm feestyd.
Maak ‘n draai by Die Sokkie Tannie in die Hartenbos Gift Market, agter Salt & Copper in Hartenbos of by die Goods Shed in Blandstraat Mosselbaai vir bekostigbare, kwaliteit sokkies.
Click here for more information and contact details <
The post Die Sokkie Tannie nou beskikbaar by die Hartenbos Gift Market first appeared on Lalakoi Publishing Network.


0 Comments